Vergeet van slang in die gras, hier’s ‘n slang in die broek…

Home Uncategorized Vergeet van slang in die gras, hier’s ‘n slang in die broek…
Vergeet van slang in die gras, hier’s ‘n slang in die broek…


Vergeet van slang in die gras, hier’s ‘n slang in die broek…

‘n Man van New York wat erken het dat hy drie Birmaanse luislange in sy broek deur ‘n grensoorgang tussen die VSA en Kanada gesmokkel het, is Woensdag ‘n opgeskorte vonnis van ‘n jaar en ‘n boete van US$5 000 (sowat N$95 300) opgelê.

Calvin Bautista (38) het op 15 Julie 2018 met die versteekte slange op ‘n bus van Montreal na New York City gery. Die jong volwasse slange was in die binne-bobeen van sy broek versteek in slangsakke wat aan sy broek met ‘n trekkoord vasgemaak was. Amerikaanse doeane- en grensbeskermingsbeamptes het toe die slange op die man uitgesnuffel. Die inwoner van Queens het volgens hofstukke die slange, wat meer as US$2 500 (sowat N$47 650) werd was, by ‘n reptielwinkel in Kanada gekoop.

Foto: NBC News

Die invoer van Birmaanse luislange word gereguleer deur ‘n internasionale verdrag en deur Amerikaanse federale regulasies wat hulle as “skadelik vir mense” aandui. Die Birmaanse luislang, een van die wêreld se grootste slange, word as ’n kwesbare spesie in sy geboorteland beskou en is indringend in Florida, waar dit inheemse diere bedreig.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.