Verhoging in pensioen – versigtig vir verkiesingsfoefies

Home Uncategorized Verhoging in pensioen – versigtig vir verkiesingsfoefies
Verhoging in pensioen – versigtig vir verkiesingsfoefies


Verhoging in pensioen – versigtig vir verkiesingsfoefies

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur president Hage Geingob dat hy die oumens-pensioen moontlik tot 3 000 Namibiese dollar kan opstoot, voor hy die amp in Maart 2025 verlaat. Op die oomblik ontvang pensioenarisse 1 400 dollar maandeliks wat die fiskus 3,3 miljard dollar jaarliks kos. Daar is reuse-begrotingstekorte en sou die pensioen opgestoot word, sal dit die koste meer as verdubbel, soos ekonoom Robert McGregor van Cirrus, aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Opposisie-politici en aktiviste meen ‘n 3 000 dollar maandelikse pensioen is moontlik as die voordele en uitbetalings aan oudpresidente, wat miljoene beloop, sowel as die eis van die staatstoelaag deur ministers soos byvoorbeeld gesondheidsminister Kalumbi Shangula, wat elke maand sy pensioen ontvang, verbied word. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.