Verhoging in winsmarge vir vulstasies help nie veel in die noorde nie
Vulstasie-eienaars verwelkom die verhoging in winsmarges wat deur die ministerie van myne en energie aangekondig is. Die marge vir vulstasie-eienaars is verhoog met ‘n verdere 20 sent na 1 dollar 83. Die industrie het verlede jaar 50 sent ontvang. Terwyl die bedryf in verskeie dele van die land voordeel sal trek, is dit nie goeie nuus in die noorde nie. Jafet Nakanue wat so ‘n besigheid in die noorde bedryf sê mense koop steeds die goedkoper Angolese brandstof, of maak in die buurland vol. Hy sê dit is die kwessie wat aangespreek moet word.
Leave a Reply