Verkiesingskommissie doen tweede skyn-kiesersregistrasie
Die Verkiesingskommissie van Namibië is besig met ‘n tweede skyn-kiesersregistrasie in die Khmoas-streek met die verbeterde mobiele kiesersregistrasiestelsel. Dit word gedoen ter voorbereiding vir die registrasie van kiesers vir die komende algemene verkiesings. Kiesersregistrasiekaarte wat tydens die oefening gedruk word, sal duidelik as “skyn” gemerk word. Die kaarte sal na die kommissie se hoofkwartier terugbesorg word na die oefening en vernietig word. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, gepraat oor die doel van die oefening.
Leave a Reply