Verkoop van ‘lotto-gunslone-plaas’ gestop
Die Spesiale-ondersoekeenheid het die verkoop stopgesit van ‘n Limpopo-plaas wat glo gekoop is met gunslone uit ‘n mislukte bod vir die Statebondspele. News24 berig die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Loterykommissie, Phillemon Letwaba en sy broer word aangekla van die ontvang van gunslone van organisasies wat geld van die lotery gekry het. Letwaba het in 2022 bedank te midde van ‘n tugproses. Die ondersoekeenheid het bevind hulle het die geld gebruik om die plaas te koop. ‘n Interdik keer die verkoop daarvan, met die waarde geskat op 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand.
Leave a Reply