Vermeende Chinese en Angolese omkopers bly in aanhouding – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Vermeende Chinese en Angolese omkopers bly in aanhouding – Kosmos 94.1
Vermeende Chinese en Angolese omkopers bly in aanhouding – Kosmos 94.1



Vermeende Chinese en Angolese omkopers bly in aanhouding

Twee buitelanders het in die Windhoekse landdroshof verskyn nadat hulle glo probeer het om beamptes van die Namibiese Inkomstediens, NamRA, in Windhoek om te koop. Ná ‘n geheime operasie deur die agentskap en die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië is ‘n Chinese man, Mao Shuihua by die NamRA-kantore gearresteer, terwyl ‘n Angolese vrou, Zita Ngondo by die kommissie se kantore vasgetrek is omdat sy glo omkoopgeld van 50 000 Namibiese dollar aan ‘n NamRA-personeellid aangebied het. Die geld was bedoel om 6 miljoen dollar vry te stel wat NamRa in die maatskappy XCMG Namibia gevries het. Beide beskuldigdes bly in aanhouding en sal môre amptelik vir borgtog aansoek. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.