Vermeende verkragter van 14-jarige vry op borgtog
Die Rehoboth-landdroshof het borgtog van 3 000 Namibiese dollar toegestaan aan ‘n man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n minderjarige meisie verkrag het. Die 48-jarige Erensfrid ‘Oompies’ Fredericks, word daarvan aangekla dat hy ‘n 14-jarige meisie in April vanjaar in ‘n rivierbedding by Rehoboth verkrag het. Hy het die meisie na bewering van Groot Aub na Rehoboth gery en vir haar alkohol gekoop voordat hy haar verkrag het. Die meisie het intussen positief vir swangerskap getoets. Volgens die Hardap-polisiebevelvoerder, kommissaris Sydney Philander, het Fredericks homself Woensdag aan die Rehoboth-polisie oorgegee, waar hy gearresteer en aangehou is. Die kommissaris sê sy kantoor ondersoek ook ‘n sersant omdat hy glo met die ondersoek gepeuter het. Die saak word tot 24 Oktober uitgestel.
Leave a Reply