Verskepingsrederye ervaar uitdagings by Walvis-hawe
Die Namibiese Hawe-owerheid, Namport het sy eie rekord van die hantering van meer as sewe miljoen ton vrag in sy geskiedenis gebreek, maar die toename in vrag het uitdagings meegebring. Verskepings-rederye ervaar ernstige probleme met toerusting binne die Walvisbaaise hawe. Verskepings-rederye sê hulle het geen ander keuse as om Walvisbaai-hawe te vermy om te verhoed dat hulle by die volgende hawe vertraag word nie. Die ‘n huidige wagtyd van hawe-beperkings is tussen vyf en sewe dae. ‘n Operateurs-forum het hierdie kwessie verskeie kere in die verlede aangespreek en Namport is glo bewus van die vertragings. Dit word toegeskryf aan die jaarlikse toename van 17 persent in uitvoere en nege persent met invoere in die 2022/23-boekjaar.
Leave a Reply