Verskille oor herdenkingsdatum van volksmoord
Die herdenking van die nasionale Ovaherero- en Nama-volksmoord as openbare vakansiedag was vandag onder bespreking in die parlement. Die leier van Nudo, dr. Ester Muinjangue, het ‘n mosie in die ter tafel gelê om ‘n Volksmoord-monument op te rig en dat die volksmoord herdenk moet word soos al die ander geskiedkundige gebeurtenisse van Namibië. Daar is verskille oor of die herdenkingsdatum 12 April of 26 Mei moet wees. Die saak is in die hande van dr. Albert Kawana, minister van binnelandse sake, gelaat wat genader is met ‘n petisie.
Leave a Reply