Verstappen neem voortou in Katar Grand Prix
Motorsport: Max Verstappen is in die voorste wegspringposisie in môre se Katar Grand Prix nadat die Red Bull-jaer gister vinnigste in die kwalifiserende rondes was. Verstappen kan ‘n derde agtereenvolgende bestuurders-wêreldkampioenskap in die naelrit-wedren inpalm. Lando Norris van McLaren was aanvanklik die tweede vinnigste, met sy spanmaat Oscar Piastri vierde, maar beide se rondtetye is geskrap omdat hulle die baanbeperkings oorskrei het en afgeskaal is na tiende en sesde plek onderskeidelik op die wegspringrooster. Dit het George Russell in sy Mercedes na die voorste ry laat opskuif.
Leave a Reply