Verstappen sê emosioneel koebaai aan sy motor
Formule 1-renjaer, Max Verstappen, was baie emosioneel toe hy afskeid neem van die Red Bull-motor wat hom hierdie seisoen sy derde wêreldkampioenskap besorg het. Die Nederlander het F1-rekords verpletter, 19 van die 22 wedrenne gewen en die eerste jaer geword wat in ‘n enkele seisoen in ‘n duisend rondes voorgeloop het. Volgens Verstappen besef hulle dit sal baie moeilik wees om so ‘n ongelooflike seisoen te ewenaar, maar hulle werk hard om in 2024 ‘n baie mededingende motor te hê. Hy is tot 2028 by Red Bull gekontrakteer.
Leave a Reply