Vervoer-ekonoom sê aanvalle op vragmotors knel handel
‘n Vervoer-ekonoom in die buurland, Joachim Vermooten, waarsku die jongste aanvalle op vragmotors sal ‘n negatiewe uitwerking op handel hê. Dit volg namate lande poog om betrekkinge onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied te versterk. Minstens 15 vragmotors is in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga aan die brand gesteek. Vermooten sê die vragbedryf is verantwoordelik vir 80 persent van goedere wat in en uit die land beweeg en die aanvalle hou ‘n bedreiging hiervoor in.
Leave a Reply