Vervoer wildsvleis só in biltong-jagseisoen
Die biltong-jagseisoen duur van Mei tot Augustus en permitte word uitgereik vir die vervoer van wildsvleis. Die Namibiese Landbou-unie ontvang gereelde navrae oor die vervoer van wildsvleis. Volgens die omgewingsministerie word dit deur die regulasies van die Natuurbewarings-ordonnansie bepaal dat vervoer van wildsvleis onderhewig is aan óf ‘n ‘skiet- en verkoop’-permit óf ‘n ‘skiet vir eie gebruik’-permit. Die woordvoerder van die unie, Tanja, Dahl het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…
Leave a Reply