Verwerk die vleis noord van die rooilyn en voorsien die hele Namibië
Eerder as om te poog om die veterinêre kordonheining te verskuif of te verwyder, meen landboukenners dat daar eerder gewerk moet word om beesvleis noord van die rooilyn te prosesseer. Bek- en klouseer word tussen 80 en 100 grade Celsius ge-deaktiveer en dus, sou boeliebief of vooraf-gekookte en verpakte vleis of afval vervaardig word, kan dit die hele land voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Theo de Jager, die voorsitter van die Wêreld Boere-organisasie, oor die konsep gesels.
Leave a Reply