Victoria onttrek aan Statebondspele 2026
Statebondspele: Die soektog het begin na ‘n nuwe gasheerstad vir 2026 nadat Victoria onttrek het weens stygende koste. Die Australiese staat het ingestem om die Statebondspele-federasie ‘n skikkingsbedrag van 2,7 miljard Namibiese dollar te betaal, veel minder as die geraamde koste van 85 miljard dollar om die Spele aan te bied. Die staat se premier, Daniel Andrew, het gesê hy is nie bereid om soveel geld aan die geleentheid te bestee nie. Die federasie sê sy hooffokus is nou om ‘n oplossing te vind wat in die beste belang van atlete en die breër Statebond-sportbeweging is.
Leave a Reply