Vier Bokkies sluit aan in Stellenbosch
Vier Junior Springbokke wat reeds hulle nasionale kleure ontvang het, Zachary Porthen, JF van Heerden, Litelihle Bester en Jurenzo Julius, is onder die 35 spelers wat van Maandag af die SA Rugby Akademie se program op Stellenbosch bywoon. Dit is om gereed te maak vir die internasionale seisoen wat die eerste Onder 20-rugbykampioenskap in Australië en Wêreldrugby se Onder 20-kampioenskap in Suid-Afrika insluit. Afrigter Bafana Nhleko sê hulle is tevrede met die groep se samestelling, naamlik 21 voorspelers en 14 agterspelers, en voeg by die harde werk sal nou in alle erns begin.
Leave a Reply