Vier vas vir aanranding na ses mans hout soek by Outjo

Home Uncategorized Vier vas vir aanranding na ses mans hout soek by Outjo
Vier vas vir aanranding na ses mans hout soek by Outjo


Vier vas vir aanranding na ses mans hout soek by Outjo

‘n Lelike toneel het hom blykbaar net buite Outjo afgespeel. Volgens wat berig word het ‘n boer en drie ander, ses mans aangerand wat hout bymekaar gemaak het. Die mans het die ses polisiestasie toe geneem maar, die toestand van die ses was van so aard dat die polisie eerder hulle klagte van aanranding aanvaar het. Foto’s op sosiale media toon baie beserings. Die ses sê hulle was nie op privaatgrond nie maar het hout in die korridor bymekaar gemaak. Die vier het in die landdroshof verskyn en het elk borg van 3 000 Namibiese dollar ontvang. Die saak is tot 4 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.