Vierde verdagte in vanoggend se mislukte Swakop-roof vas
Die Erongo-polisie het daarin geslaag om die laaste verdagte in vanoggend se mislukte gewapende roof by Style op Swakopmund aan te keer. Vroegdag was daar berigte van ‘n gyselaarsdrama in die winkel maar die polisie en buurtwag het uiters vinnig gereageer en die toneel is vinnig ontlont. Die rowers het ‘n byl, ‘n panga en ‘n 9mm pistool gehad. Niks is gebuit nie.
Leave a Reply