Vigs kan uitgewis word, met ondersteuning
‘n Nuwe verslag deur UNAids, getitel “Laat gemeenskappe Lei”, toon dat Vigs teen 2030 beëindig kan word, maar slegs as gemeenskappe op die voorste linies die volle ondersteuning kry wat hulle nodig het van regerings en skenkers. Sekswerkers, mans wat seks met mans het, en transgender individue is die kwesbaarste om MIV op te doen. Sekswerkers het dikwels te doen met kliënte wat nie kondome wil gebruik nie, of minder wil betaal as hulle wel ‘n kondoom gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die Rights Not Rescue Trust of Namibia, Nikodemus Aoxamub, bekend as “Mama Africa”, gesels wat sê sy is dankbaar vir Pre-Blootstelling Voorkomende medikasie, want die meisies word daardeur beskerm teen Vigs.
Mama Africa sê egter hulle word deur uitdagings in die gesig gestaar.
Leave a Reply