Vingegaard se Tour de France-deelname in gedrang na ongeluk
Die deelname van die verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard, aan vanjaar se Tour de France, is in gedrang nadat hy gedurende ʼn wedren in Spanje veelvuldige beserings opgedoen het. Die Deense atleet het ondermeer ‘n sleutelbeen en verskeie ribbes gebreek. Twee ander wenners van die Grand Tour, Primož Roglič van Slowenië en Remco Evenepoel van België, is ook gedurende die ongeluk tydens die vierde skof van die Itzula Basque Country-fietsren beseer. Die Tour de France begin op 29 Junie.
Leave a Reply