Vinnige optrede teen onreg in Gaza is krities
Burgerlike organisasies en pro-Palestynse aktiviste het die uitwerking van die Israel-Hamas-konflik by ʼn vergadering by die Universiteit van Kaapstad bespreek. Een-duisend-200 mense is op sewe Oktober verlede jaar vermoor toe Hamas Israel aangeval het. Volgens Hamas is meer as 30 000 mense sedertdien in Israelse wraakaanvalle dood. Tshisimani Centre se woordvoerder, Siviwe Mdoda, beklemtoon die belangrikheid van verenigde optrede teen onreg en sê baie lesse kan uit die voortslepende konflik geleer word.
Leave a Reply