Visa-by-aankoms dienste brei uit
Namibië se nuwe visa-by-aankoms diens in die noordelike streke is amptelik bekend gestel. Die diens is daarop gemik om beweging tussen Namibië en sy bure te vergemaklik, wat die toerisme-bedryf sal bevoordeel en meer geleenthede sal skep om die sektor te laat groei. Die binnelandse sake-minister, Albert Kawana, het by ‘n seremonie in Katima Mulilo uiteengesit na watter grensposte die diens uitgebrei sal word.
Leave a Reply