VK staar waarskynlik resessie in die gesig

Home Uncategorized VK staar waarskynlik resessie in die gesig
VK staar waarskynlik resessie in die gesig


VK staar waarskynlik resessie in die gesig

Kleinhandelverkope in die Verenigde Koninkryk het die grootste daling getoon sedert Januarie 2021 toe Brittanje die Covid-inperking beleef het en inkopiegangers vir Kersfees die gordel styf moes intrek midde-in ʼn lewenskoste-krisis. Verkope per volume het volgens berigte in Desember met 3,2-persent teruggesak, nadat dit in November met 1,4-persent gestyg het, danksy Swart Vrydag-afslag. Die Britse Kantoor vir Nasionale Statistieke sê dit is veel erger as die verwagte afname van 0,5-persent vir verlede maand. Data toon die ekonomiese vooruitsig is baie donker, na die verrassende styging in inflasie in Desember terwyl voortslepende stakings Brittanje waarskynlik in ʼn resessie gaan indwing.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.