Vlakke in benede-Oranjerivier is uiters laag
Water-gebruikers langs die benede-Oranjerivier, wat baie laag is, word versoek om kennis te neem dat water by die Vanderkloofdam vrygestel word en die nodige voorsorgmaatreëls moet tref. Dit sal op die langer duur veroorsaak dat die vlak van die rivier skielik kan styg. Volgens die Namibië Hidrologiese Dienste het die watervlakke in die benede-Oranjerivier by Blouputs bestendig gebly op 53 sentimeter, terwyl Sendelingsdrift 24 sentimeter aangeteken het. Die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het oor die naweek gedaal en 1,48 meter aangeteken. Die Okavangorivier by Rundu het ook die naweek met 7 sentimeter afgeneem en het 5,45 meter aangeteken. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 294,3 kubieke meter per sekonde aangeteken.
Leave a Reply