Vleisraad begin met plaas-oudits
Die Vleisraad van Namibië se ouditeure is tans besig om plaas-oudits vir 2023 uit te voer. ‘n Totaal van 60 produsente wat beeste en skape aan uitvoer-abattoirs voorsien, is vir die oudits gekies. Ouditeure sal geselekteerde lewendehawe-produsente vroegtydig in kennis stel voordat die plaas-oudits plaasvind. Tarah Shinavene is deur die Vleisraad aangestel en sal verantwoordelik wees vir die kontak met lewendehawe-produsente, sowel as die uitvoering van die plaas-oudits. Die Namibiese landbou-unie versoek produsente vir hul samewerking in hierdie verband.
Leave a Reply