VN vergader oor chemikalieë
Die vyfde Internasionale Konferensie oor die Bestuur van Chemikalieë, wat die Verenigde Nasies in Bonn, Duitsland, belê het, het uitgeloop op die aanvaarding van ‘n nuwe plan wat daarop gemik is om die omgewingsrisiko’s van chemikalieë en afval te verminder. Die raamwerk, bekend as ‘Globale raamwerk oor chemikalieë − Vir ‘n planeet vry van skade deur chemikalieë en afval’, is deur regerings en maatskappye aanvaar. Die belanghebbendes het hulle daartoe verbind om skadelike chemikalieë en afval binne die volgende 12 jaar uit te faseer. Die raamwerk wat aanvaar is, is daarop gemik om die veiligheidsbestuur van gevaarlike chemikalieë te verbeter.
Leave a Reply