Voertuigverkope hoogste sedert Julie 2018
Voertuigverkope in Julie het die hoogste verkopevlak sedert Julie 2018 aangeteken en pre-pandemieverkope oortref, volgens Simonis Storm. Dit is grootliks toe te skryf aan die vraag van individue wat deur handelaars koop, wat verantwoordelik vir is vir 92 persent van verkope. Dit is ook as gevolg van die toenemende vraag van verhurings-maatskappye wat die oorblywende 8 persent van verkope beslaan. Die gemiddelde pryse van voertuie wat plaaslik aangekoop word, het in Julie gemiddeld met 12,8 persent op ‘n jaargrondslag gestyg, met swaar handelsvoertuie wat op ‘n jaargrondslag teen die steilste pas gestyg het. Ten spyte van stygende pryse van nuwe voertuie en hoër rentekoerse, bly voertuigverkope veerkragtig. Kosmos 94.1 Nuus het met Willie Verdoes van Indongo Toyota gesels…
Leave a Reply