Voertuigverkope vertoon goed, maar onderhoud word duurder – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Voertuigverkope vertoon goed, maar onderhoud word duurder – Kosmos 94.1
Voertuigverkope vertoon goed, maar onderhoud word duurder – Kosmos 94.1



Voertuigverkope vertoon goed, maar onderhoud word duurder

Die syfers vir voertuigverkope vir Julie is bekend gemaak en vertoon uiters goed. Inteendeel, die syfers is die hoogste sedert Julie 2018, lank voor Covid sy verskyning gemaak het. Ekonomiese ontledings toon dat die verkope veerkragtig sal bly omdat die sentrale bank moontlik vandag die repokoers onveranderd sal hou. Huishoudelike afbetalingskrediet is in Julie met 4,2 persent op terwyl besighede se skuld met 15,7 persent gestyg het en terwyl dit goeie voertuigverkope ondersteun, koop meer verbruikers voertuie kontant omdat krediet duur is. Motorlenings is tans op prima plus twee, dus 13,5 persent. Maar, die onderhoud van voertuie maak staat op die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en Amerikaanse dollar en dus sal onderhoud op voertuie duurder raak. Die rand het in Julie met amper 8,1 persent verswak teen die Amerikaanse geldeenheid. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.