Voorbehoed moet aan tieners voorsien word
Plaaslike aktiviste doen ‘n sterk beroep op die regering, veral die ministeries van gesondheid en onderwys, om dit sterk te oorweeg om voorbehoedpille aan skole te verskaf en dit geredelik beskikbaar te maak vir leerders en studente. Ouers word ook aangeraai om openlike gesprekke met hul kinders te hê oor seks, om te help om ongewenste swangerskappe te vermy. June Shimuoshili van GirlUp Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê as meisies nie voorbehoedmiddels gegee word nie, beteken dit nie hulle gaan nie seks hê nie.
Leave a Reply