Voormalige minister van Zimbabwe mag nie aan verkiesing deelneem
Die hooggeregshof in Zimbabwe het die voormalige Zimbabwiese minister, Saviour Kasukuwere, verbied om aan volgende maand se presidensiële verkiesing in die land deel te neem. Dit volg nadat ‘n ondersteuner van die Zanu-PF-party die nominasiehof se besluit om sy kandidaatskap goed te keur, betwis het. Kasukuwere beplan glo om teen die uitspraak in die Appèl- of Konstitusionele Hof te appelleer. Hy is tans in Zambië en besoek Suid-Afrika later vandag.
Leave a Reply