Voornemens: Maak eerder ‘n ‘moenie doen lys’
Dis mos Nuwejaar, so dis ‘n nuwe jy? Reg? Blykbaar nie. Navorsing toon dat 80 persent van Nuwejaarsvoornemens teen Februarie laat vaar word. Kenners meen ons gaan verkeerd te werke. In plaas van om ‘n ‘te doen lys’ te maak, meen hulle ‘n ‘moenie doen lys’ is by verre ‘n beter opsie. Of dit te make het met vergaderings by die werk wat gereeld gehou word en niks oplewer nie, en of dit te doen het met leefstyl-gewoontes soos byvoorbeeld lekkers eet of, om ‘n sekere tyd daagliks voor die TV te spandeer. Maar, volgens kenners moet die aanpassings in klein stappies gemaak word. Dus, skaf die vergaderings af, en gebruik daardie uur wat jy voor die TV verkort, om iets anders te doen tot jy iets vind wat waarde toevoeg aan jou daaglikse bestaan of jou fisieke- of geestesgesondheid.
Leave a Reply