Vraghantering-sage oor HKIA duur voort
Kosmos 94.1 Nuus verneem dat Menzies Aviation op die oomblik poog om ‘n dringende aansoek voor die hooggeregshof te bring in verband met die opdrag dat hy die lughawe-perseel ontruim. Daar was groot onsekerheid vanoggend op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met beide Eurowings van Lufthansa en Qatar Airways wat skerp gereageer het op die opdrag van die Namibiese Lughawensmaatskappy wat die vrag- en grondhanteringskontrak aan Paragon oorhandig het in ‘n verklaring wat vandag gedateer is. Dit blyk dat Qatar twee van sy vlugte na Johannesburg herlei het, terwyl Airlink die dienste van Paragon vroeër benut het. Paragon sê hy sal binnekort ‘n verklaring uitreik, in oorleg met sy regslui.
Leave a Reply