Vrou, 38, los pasgebore baba in mahangu-land
Die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek het ‘n saak van verberging van geboorte teen ‘n 38-jarige vrou oopgemaak nadat sy na bewering geboorte geskenk het aan ‘n babaseuntjie en hom in ‘n landery gelos het. Sy word tans in die Onandjokwe-distrikshospitaal behandel. Die polisie sê sy het Vrydag in die landery geboorte geskenk, die kind in ‘n plastieksak geplaas in ‘n emmer gesit en daar gelos. Haar huismaats het bloedvlekke in die huis gekry en so het dit aan die lig gekom dat sy die baba gestort het. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.
Leave a Reply