Vrou met lewende ietermagô, man met velle by Grootfontein vasgetrek
Twee vermeende wildmisdadigers verskyn vandag in die landdroshof op Grootfontein. Dit volg nadat ‘n 39-jarige Namibiese man in hegtenis geneem is met een elk velle van ‘n ietermagô, luislang en luiperd ter waarde van 145 000 Namibiese dollar. In die ander voorval is ‘n 49-jarige Namibiese vrou op Grootfontein gearresteer nadat sy sonder ‘n permit met ‘n lewende ietermagô in haar besit gevind is. Die ietermagô is aan die omgewingsministerie oorhandig vir hantering. Beide verdagtes word in die aanhoudingselle op Grootfontein aangehou.
Leave a Reply