Vrou sit in put-toilet vas toe sy na horlosie soek
’n Amerikaanse vrou is uit ’n put-toilet in die noorde van Michigan gered nadat sy ingeklim het om haar Apple Watch te gaan haal en vasgesit het. Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het haarself binne-in die put laat sak nadat sy die horlosie laat val het, het die staatspolisie gesê. Nood-beamptes is ontbied toe gehoor is hoe die vrou om hulp skree. Die toilet is verwyder en ‘n band is gebruik om die vrou uit die put te sleep. Dis nie bekend of die vrou wel haar horlosie teruggekry het nie.
Leave a Reply