Vrou sterf na aanval in Swakopmund
Die Swakopmund polisie sê in ‘n verklaring die lewelose liggaam van ‘n vrou is vroeg Saterdag-oggend op oop grond naby DRC township in Mondesa deur ‘n verbyganger gevind. Sy is geïdentifiseer as die 41-jarige Hilda Bloedstaan van DRC, en het gesterf na ‘n sny teen die keel en ‘n steekwond. Haar familie is in kennis gestel en die ondersoek duur voort. Enigiemand met inligting oor die voorval moet die polisie kontak.
Leave a Reply