Vrou verloor haar been op Thaise lughawe
Die bestuurders van ʼn lughawe in Thailand ondersoek die oorsaak van ʼn ongeluk waarin ʼn vrou haar been verloor het. Reddingswerkers moes die Thaise vrou se been afsit nadat dit in ʼn bewegende loopvlak vasgevang is op die Don Mueang-lughawe in Bangkok. Die 57-jarige het oor haar tas gestruikel op pad om ʼn binnelandse vlug te haal. Haar been het volgens berigte verstrengel geraak in die loopvlak se meganisme. Owerhede by die lughawe sê hulle beplan om verskeie verouderde loopvlakke teen 2025 te vervang.
Leave a Reply