VSA gaan Oekraïnse vlieëniers oplei om F16 te vlieg
Die Amerikaanse departement van verdediging het aangekondig dat hy in Oktober vlieëniers van Oekraïne gaan help oplei om die Amerikaanse F16-vegvliegtuig te vlieg. Dit het verlede week aan die lig gekom dat Amerika ingestem het dat ander lande die F16 aan Oekraïne mag verskaf. President Joe Biden wou tot dusver nie dat die vliegtuie aan Oekraïne verskaf word nie, omdat dit kan lyk na sy land se groter betrokkenheid by die oorlog. Die VSA se Europese bondgenote het egter druk toegepas wat gelei het tot ‘n aankondiging in Mei dat Denemarke, Nederland en Noorweë hul F16-vliegtuie aan Oekraïne mag stuur en ook met vlieëniers-opleiding kan help. Oekraïne vra lank reeds vir vliegtuie en sê dit is uiters noodsaaklik vir sy Russiese teen-offensief.
Leave a Reply