Vyf-jarige meisie uit Mauritius-tronk gerepatrieer
Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling het die repatriasie van ‘n vyfjarige Suid-Afrikaanse meisie afgehandel wat in ‘n tronk in Mauritius gebore is. Die kind het emosioneel afskeid geneem van haar ma, wat verhoorafwagtend is vir beweerde dwelmsmokkelary, en van die ander vroue in die Beau Bassin-tronk. Bathembu Futshane van die departement sê dis die 25ste kind wat gerepatrieer is ingevolge Suid-Afrika se Kinderwet, wat kinders se welsyn en gesinsbande voorop stel: