Vyf vas in Mpumalanga vir vragmotorgeweld
Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het die polisie geloof vir die vinnige arrestasie van vyf verdagtes in verband met verlede week se aanvalle op vragmotors. Hulle verskyn na verwagting vandag in die Ermelo-landdroshof. Een-en-twintig vragmotors is die afgelope week in Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal aan die brand gesteek. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê hulle doen alles in hulle vermoë om te keer dat sulke aanvalle weer gebeur:
Leave a Reply