Vyf Zim-myners nog ondergronds vasgekeer
Vier mynwerkers is dood en nog vyf is ondergronds vasgekeer nadat ‘n skag in ‘n Zimbabwiese goudmyn ineengestort het. Die voorval het Vrydag in Chegutu, sowat 120 kilometer wes van die hoofstad Harare, plaasgevind by die Bay Horse-myn. Die mynwerkersfederasie se president Henrietta Rushwaya sê die oorskot van vier myners is reeds gevind maar vyf myners is steeds vasgekeer met 21 wat gered is. Daar is aanvanklik berig dat soveel as 18 mense vasgekeer was.
Leave a Reply