Waarskuwing oor meer cholera-gevalle – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Waarskuwing oor meer cholera-gevalle – Kosmos 94.1
Waarskuwing oor meer cholera-gevalle – Kosmos 94.1


Waarskuwing oor meer cholera-gevalle

Die Wêreldgesondheidsorganisasie berig ‘n skerp toename in cholera-gevalle wêreldwyd.  In 2022 was daar meer as twee keer soveel gevalle as in die vorige jaar, ‘n totaal van 473 000.  Volgens Oshmed mediese tydskrif is meer entstof-dosisse tussen 2021 en 2023 aangevra  as in die  hele vorige dekade saam. Cholera word gewoonlik oorgedra deur besmette drinkwater, asook soms deur kos, veral rou vis en seekos. Cholera word van persoon tot persoon oorgedra deur aanraking met die stoelgang of braaksel van die wat siek is. Reisigers na cholera-gebiede moenie kraanwater drink nie, nie tande met kraanwater borsel nie en ysblokkies vermy.  Kos moet goed gaar wees en rou kos wat dalk met besoedelde water gewas is moet vermy word.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.