Waldschmidt bestempel MXOAN-deelname as reuse-sukses
Die Namibiese motocross-span is vandag terug in Windhoek na sy deelname aan die Motocross of African Nations in die Kaap oor die naweek. Twee podiumplekke is behaal en die span het vierde gekom uit tien Afrika-lande. Ingo Waldschmidt wat deel was van die reëlingskomitee en die span vergesel het sê veral die jonger deelnemers het baie goeie ervaring opgetel. Hy het ook die borge bedank.
Leave a Reply