Walvis Bay Salt Eagles meet kragte met Zimbabwe
Namibië se onder-19 Walvis Bay Salt Eagles is besig om hul laaste groepwedstryd in hul IKR Onder-19 Krieket Wêreldbeker-veldtog te speel. Die Salt Eagles speel tans teen Zimbabwe in Kimberley, Suid-Afrika, en vir beide spanne is dit ‘n moet-wen kragmeting as hulle ‘n kans wil staan om tot die Super-6 te vorder. Zimbabwe het die loot gewen en Namibië ingestuur om te kolf en in die laaste beskikbare telling was Namibië op 65 vir 4 in 23 boulbeurte.
Leave a Reply