Walvisbaai taxi-staking in volle swang
Taxibestuurders by Walvisbaai is besig om hul kollegas van die pad af te trek en moedig hulle aan om aan te sluit by die taxi-staking, wat vanoggend begin het. Meer as 70 bestuurders het hul taxi’s oorkant die brandweer geparkeer in protes teen swak padtoestande. Die burgemeester, Trevino Forbes, het verlede week op die raadsvergadering aangekondig dat vier slaggat-kontrakteurs aangewys is om kritieke paaie in Kuisebmond reg te maak. Hy het bygevoeg die Padfondsadministrasie sal die rehabilitasie van sowat ses paaie teen middel 2024 begin finansier.
Leave a Reply