Video van kindermishandeling: Wat van die een wat die opname gemaak het?
Die voormalige ombudsman sê huishoudelike geweld sal nie in die land eindig as niemand ingryp nie. Hy het sy reaksie gegee op die gru-video van die 23-jarige Tulinda Johannes wat op haar ses-jarige dogter sit en haar slaan en verwurg. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat John Walters gesels wat sy teleurstelling uitgespreek het, veral oor die persoon wat die video geneem het…
Johannes het in die hof verskyn op klagte van aanranding en bly in aanhouding omdat borg geweier is. Sy sal weer op 10 Oktober verskyn.
Leave a Reply