Waterbronne by Daurês-projek wek kommer
Die Daures Groenwaterstof-projek, wat geheel en al deur Duitsland se Federale Ministerie van Onderwys en Navorsing befonds word, het aansienlike vordering gemaak. Die loodsfase is volgens berigte meer as 95 persent voltooi en die dorp se landboufasiliteit is voltooi en ingewy. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die gemeenskapsaktivis Jimmy Areseb van Uis, wat bekommerd is oor die watervoorraad.