Weermagbevelvoerders in Niger steun staatsgreep
Die bevelvoerders van die weermag in Niger het hulle steun toegesê aan die leiers van die staatsgreep. Die staatsgreep is uitgevoer deur lede van die presidensiële wag. Die weermag sê dit was noodsaaklik dat onbestendigheid in die land voorkom word, en dat die President, Mohamed Bazoum en sy familie se veiligheid verseker word. Vroeër het Bazoum en die minister van buitelandse sake, Hassoumi Massoudou die landsburgers aangemoedig om die staatsgreep te beveg, en die land se vryhede te beskerm.
Leave a Reply