Weermaghoofde van Wes-Afrika gaan in Accra vergader oor Niger – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Weermaghoofde van Wes-Afrika gaan in Accra vergader oor Niger – Kosmos 94.1
Weermaghoofde van Wes-Afrika gaan in Accra vergader oor Niger – Kosmos 94.1



Weermaghoofde van Wes-Afrika gaan in Accra vergader oor Niger

Die weermaghoofde van Wes-Afrika-lande sal in die komende dae in die Ghanese hoofstad, Accra vergader om voor te berei vir moontlike militêre ingryping in Niger. Dit volg nadat die streeks-liggaam, Ecowas tydens ‘n noodvergadering in Nigerië opdrag gegee het dat ‘n bystandsmag geaktiveer moet word. Die vergadering het gevolg nadat die leiers van ‘n militêre staatsgreep in Niger Ecowas se sperdatum om die demokraties verkose regering teen Sondag te herstel, geïgnoreer het. Die streeksleiers sê alle opsies word oorweeg, maar hulle hoop steeds om ‘n vreedsame oplossing te vind vir die krisis in Niger. Intussen het die Afrika-unie, Europese Unie en die Verenigde Nasies kommer uitgespreek oor die verslegtende omstandighede waaronder die afgesette President, Mohamed Bazoum aangehou word.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.