Weg met Red Force – Walvisbaai inwoners

Home Uncategorized Weg met Red Force – Walvisbaai inwoners
Weg met Red Force – Walvisbaai inwoners

Weg met Red Force – Walvisbaai inwoners

Inwoners van Walvisbaai eis dat die munisipaliteit Red Force as skuldinvorderaar verwyder. Red Force is verlede jaar aangestel om sowat 375 miljoen Namibiese dollar te verhaal wat deur die inwoners geskuld word. Die gefrustreerde inwoners sê hul munisipale skuld het aansienlik toegeneem, terwyl van die huise se water ontkoppel is. Hulle sê RedForce eis 75 persent betaling van uitstaande skuld voor hul watertoevoer heraangesluit word. Een van die betogers het hulle griewe by die munisipaliteit gelees, en sê hulle gee die munisipaliteit tot 5 April om die kwessie aan te spreek.

Die waarnemende uitvoerende hoof van die Walvisbaai Munisipaliteit, Festus !Gonteb, het die inwoners se petisie ontvang. Hy het beloof om op hul griewe te antwoord.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.